Nuwe Webblad – Nasionale Museum Bloemfontein

Ek het ‘n rukkie terug gehoor dat die Nasionale Museum  Bloemfontein, hard besig is om aan hulle nuwe webblad te werk.   Ek het toe vandag gehoor dat die nuwe webblad pas voltooi  is.  Ek het sommer dadelik gaan kyk.   


Ons is geneig om te vergeet dat ‘n museum ‘n kritiese  deel behoort te vorm van enige kind se opvoeding en dat ons werklik  bevooregd  is om in Bloemfontein sulke ongelooflike museums  te he.  

  Voor ek die webblad besoek het, het ek nie besef hoeveel  verskillende museums in Bloemfontein is nie.  Van Florisbad  tot die Eerste raadsaal.  Hierdie is almal museums wat ek  verseker binnekort gaan besoek.

  Dit is so belangrik dat instansies soos die Nasionale  Museum ‘n webblad moet he wat nie dood voorkom nie, die webblad moet  gebruikersvriendelik wees. Teks op so ‘n blad moet ook nie te tegnies wees nie  en moet met die gebruiker kommunikeer op ‘n vlak wat hy/sy verstaan. Ek dink  werklik dat hierdie webblad daarin slaag om effektief te kommunikeer.   

  Die Nasionale Museum het ‘n groot taak en ek dink hulle  neem nou ‘n stap in die regte rigting.  

  Die enigste ding op die webblad wat ek werklik mis is ‘n  plek om in te teken op ‘n nuusbrief.  Ek glo dit is ‘n baie  belangrike deel van enige webblad en is krities om deurlopend met die  gemeenskap te kommunikeer.  Dit is ook handig om enige nuwe  uitstallings of ander gebeurtenisse onder almal se aandag te  bring.  Ek is wel verseker dat daar binnekort wel ‘n plek wees waar jy op hul  amptelike elektroniese nuusbrief sal kan inteken.

  Ek het deur die webblad gewerk en is werklik beindruk  deur die feit dat jy werklik alles wat jy oor die museum sou wou weet, kan  uitvind.    Die webblad  kan besoek word by www.nasmus.co.za, maar maak  seker dat jy nie net die webblad besoek nie, gaan besoek sommer dadelik die  museum self ook!

Posted via email from nico’s posterous

Home | FREE FAX TO EMAIL | Nico Baird | Nico Baird

Switch to our mobile site